Afrikaans
Cesky
Deutsch
Dutch
English
Espanol
Francais
Greek
Hrvatski
Italiano
Magyarul
Norsk

Polski
Portugues
Romana
Russian
Slovensky
Srpski
Suomi
Svenska
Turkce
Ukrainian
Vlaams
Other languages

Dalsi jazyky

PEXESO - DIE KAKTUS GEHEUE SPEL

Kaktus liefhebber, deur middel van PEXESO wil ons jou graag voorstel aan 32 van die pragtigste en baie interessante kaktus spesies wat in woestyne, op berge en in tropiese areas groei. Sommige van hierdie plante is net enkele sentimeters hoog, ander weer meer as 1 meter in deursnee of etlike meters hoog.

Beskrywing en die reëls van PEXESO

Die reëls is dieselfde as wat geld vir die "Skrywers" - of "Konsentrasie" - tipe kaart speletjies wat in die VSA bekend is en dus soos volg.

Knip versigtig die 64 foto kaarte uit om 32 identiese pare te hê. Jy kan die groen gidslyne gebruik aan die kant waar die "Pexeso Kaktusy" inskripsie verskyn, of die swart gidslyne aan die foto kant van die kaart. Elke uitgeknipte kaart sal 5 x 5 cm groot wees en aangesien dit op sterk, hoë kwaliteit karton gedruk is, behoort dit lank te hou. Die voorbereiding van jou kaarte neem nie lank nie en jy behoort dit gou gereed te hê om die spel te kan begin.

Die spel behels die uitsoek en versamel van identiese foto pare deurdat die kaarte wat met die foto kant na onder lê, beurtelings deur die spelers omgedraai word, twee op 'n keer. Die spelers moet probeer onthou wat die onderwerpe op die foto's is, asook hul posisie. Die aantal spelers is onbeperk, maar moet ten minste twee wees.

1. Kies 'n geskikte plek om op te speel - 'n soliede, tafelblad verkieslik sonder 'n tafeldoek sal doen.

2. Die spelers besluit self op die rigting van die spel en wie moet begin.

3. Een speler (die deler) skommel die kaarte behoorlik sodat niemand die foto kante kan sien nie.

4. Die deler plaas 8 kaarte in 'n ry langs mekaar met die foto na onder. (Ander spelers moet in hierdie proses nie die foto's kan sien nie). Die kaarte moet met 'n spasie van omtrent 1 cm tussenin gelaat word, sodat dit vryelik geskuif kan word tydens die spel. Na die eerste ry word daar nog 8 soortgelyke rye soos die eerste uitgepak sodat daar nou 'n vierkant van 8 x 8 kaarte op die tafel lê.

5. Die eerste speler kies enige kaart in die vierkant, draai die foto kant na bo en los dan die kaart op die plek waar dit was. Daarna doen hy dieselfde met enige ander kaart van sy keuse. Indien sy tweede kaart dieselfde was as sy eerste, kan hy aanhou met die spel vir so lank as wat hy agtereenvolgend identiese pare kan optel. (Dit is ongewoon dat die eerste speler 'n identiese paar vind aangesien hy slegs kan raai.Gewoonlik word die eerste identiese paar eers na die tweede of derde rondte gevind). Indien die twee kaarte wat deur die eerste speler opgetel was nie identies was nie moet hy die kaarte vir 'n paar sekondes oop laat sodat die ander spelers kan probeer memoriseer watter plante op die foto's verskyn ten einde hulle tydens hulle beurte te help om identiese pare te vind. Na 'n paar sekondes, moet die speler dan weer die kaarte onderstebo draai.

Die tweede speler doen nou dieselfde en daarna die ander spelers.

Na 'n paar rondtes, sal die spelers stadigaan die onderwerpe en posisies van die kaarte begin memoriseer en al makliker identiese pare kan vind. Die opwindendste deel van die spel kom teen die einde, wanneer elke speler min of meer al die posisies van die kaarte gememoriseer het. Op hierdie punt hoop elkeen dat die ander sal foute maak sodat hy 'n kans kan kry om "tafel skoon te maak".

6. Die spel eindig wanneer al die identiese pare gevind is. Die speler met die meeste pare wen en hy verdien 1 punt vir elke paar. Spelers kan telling hou en 'n volgende rondte speel. Kinders wat nog nie kan tel nie, kan deur volwassenes gehelp word of slegs die een met die dikste pak kaarte elke keer as wenner aanwys. Kinders geniet hierdie spel en kan hierdeur van die mooiste kaktus spesies en hul name leer ken.

Beskrywing en reëls van die spel Pexeso in PDF vorm


http://www.cactus.cz/